Leef stadiger, leef lekkerder: Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense. In Engels beskikbaar as go! Platteland.

Teken nou in

Gedrukte uitgawe

Laat die tydskrif tuis aflewer.

 

Net R384 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • Betaal R96 per tydskrif
  • aflewering ingesluit by die prys

Teken nou in

Digitale uitgawe

Kry jou tydskrif op jou rekenaar, tablet of slimfoon

 

Net R384 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • jou tydskrif is altyd byderhand
  • geen posgeld en geen gesukkel nie

Aanhaling

Uit die tydskrif 

“Die boere in die omgewing is onsettend vrygewig met raad en hulp. As een boer ‘n nuwe tegniek ontwikkel om produksie te verbeter, dan deel hulle dit gou onder mekaar. Dis asof mense hier besef as dit goed gaan met jou buurman, sal dit goed gaan met jou.”

–  Anje van Dyk, Platteland Winter 2026, bl. 31

Sosiale media

Facebook & Instagram

Gesels saam met ander Platteland-lesers en kyk na hulle foto’s op Instagram!

6 days ago

Platteland
Mense sê dikwels geen nuus is goeie nuus. Maar as jy in die nuus beland omdat jy effe vuil is en stink, is daar ’n probleem.Victoria-Wes in die Groot Karoo het in Desember 2024 slegte publisiteit gekry toe die dorp as vuil en verwaarloos gebrandmerk is. Vir Hugo Vorster, wat sedert Oktober 2021 op die dorp woon, was dit ’n steen des aanstoots. Iets moes gedoen word.Hugo is oorspronklik van Loxton en die derde geslag Vorsters wat as raadslid dien. Hy is verantwoordelik vir Wyk 1, wat Loxton en Richmond insluit, en skrik nie vir diensleweringsuitdagings nie. Inteendeel. Op 1 Januarie 2025 het hy self begin ingryp.“Dit lyk soos ’n varkhok en hier is ’n oormaat morsjorse op die dorp,” sê Hugo. Sedertdien werk hy gereeld van seweuur soggens tot vyfuur smiddae om Victoria-Wes netjieser te maak.Hy het begin by die gedeelte tussen die polisiestasie en Karooland Koshuis wat as ’n onwettige stortingsterrein gebruik is. Daarna het hy verskeie sypaadjies, waaronder Richmondstraat tussen Newstraat en Fraserstraat, aangepak. Vandag hou hy ook die ingangspaaie vanaf Beaufort-Wes, Hutchinson, Loxton en Britstown skoon, terwyl hy orde help herstel het in die karavaanpark en op die sportterrein van die Victoria-Wes Gekombineerde Skool.Op 77-jarige ouderdom sê Hugo daar is min sprake van pyne en skete. Hy skryf dit aan goeie Vorster-gene toe, maar erken dat die harde werk hom gesond hou en vir hom ’n positiewe uitkyk op die lewe gee.Hoewel hy self nie bang is om sy hande vuil te maak nie, het hy intussen ook ’n groep jong manne onder sy vlerk geneem. Hy geniet dit om hulle te mentor en iets van verantwoordelikheid te leer. Die jongspan deel sy trots in die dorp en help ywerig om dit skoon te hou. Hugo betaal hul vergoeding uit sy eie sak.Sy werk het nie ongemerk verbygegaan nie. Inwoners besing gereeld sy lof op Facebook en hy is onlangs met ’n Long Service Commitment-toekenning vereer. Plaaslike ondernemings het ook begin inspring deur swartsakke te borg, vullis na die stortingsterrein te vervoer en by te dra tot die vergoeding van die werkers. Nou kort die dorp net nog iemand om ’n herwinningsprojek van die grond af te kry.Vullis bly vullis, en dis nie altyd glansryke werk nie. Tog het oom Hugo al interessante ontdekkings gemaak. “Baie interessant is die groot hoeveelheid R2- en R5-muntstukke wat die jongmanne tussen die vullis opgetel het,” vertel hy.Dit lyk dus of geld dalk nie aan bome groei nie — maar dat daar soms heelwat daarvan tussen die rommel van die Karoo rondlê.Hugo het reeds sy volgende projek geïdentifiseer. Binnekort beplan hy ’n grootskaalse skoonmaakaksie in Wyk 1 van die Ubuntu Munisipale gebied.Die verskil is reeds ooglopend.#supportlocal #CommunitySpirit #vathande #maakskoon #VictoriaWes #myplatteland ... See MoreSee Less
View on Facebook

1 week ago

Platteland
Dit lyk of die Boesmanland darem genoeg reën gekry het. Rey van Rensburg van Springbok wys vir ons die blomtapyt wat hy daar twee dae gelede gesien het. Dankie vir dié fees vir die oog in die winter!It looks as though the Boesmanland received good rains. Rey van Rensburg from Springbok shares this beautiful carpet of wildflowers he came across there two days ago. A sight for sore eyes indeed.(Foto's met dank aan @ReyVanRensburg)#flowerseason #Boesmanland #springvibes #gooutside #myplatteland ... See MoreSee Less
View on Facebook

1 week ago

Platteland
Al swaai Die Naaldekokers se deur smôrens om 08:00 eers oop vir die publiek, meld Hilda en Dulette dikwels reeds om 07:00 aan by hulle kantoor van iets tussen 50 m2 en 60 m2 waar minstens ses naai- en omkapmasjiene, honderde tolletjiesgare in elke denkbare kleurskakering en kratte vol materiaal op hulle wag, skryf Johan van Zyl.Dulette: “Weet julle wat maak dit so lekker hier? Die mense wat elke dag hier inkom! Ek hóéf nie te werk nie; ek doen dit omdat dit vir my lekker is en om myself en my kop besig te hou.” Hilda: “Almal hou daarvan om hiernatoe te kom omdat ons altyd positief is – my foon se luitoon is dan glad ‘Don’t worry, be happy’. Ek moet eerlik vir julle sê: Die mense kom hier in en dan sê hulle: ‘Weet julle, ek wou gister al die klere inbring, maar daar was nie genoeg tyd vir lank en lekker gesels soos ons altyd hier gesels nie.’” Dulette: “Dis regtig die mense wat ons aan die gang hou. Jy móét liefwees vir mense om hierdie werk te kan doen.” Hilda vertel haar liefde vir naaldwerk kom van kleins af, maar dit het regdeur haar professionele loopbaan altyd maar ’n stokperdjie gebly tot sy op 69, nadat sy en haar tweede man, wyle Nico Louw, na Moorreesburg verhuis en sy Die Naaldekokers begin het. Die naam is voorgestel deur hulle seun, Eugene (53), ’n hemipleeg wat saam met sy dienshond by Hilda woon. “Kleremaak was maar altyd deel van my. Nog voor ek skool toe is, het ek en my suster Dina sommer stukkies lap gevat en ons poppe daarmee aangetrek. Op laerskool het ek skelm op my ma se naaimasjien begin oefen wanneer sy by die werk was. Ons was baie arm en my ouma, wat baie lief was vir my, het self vir my niggies rokke gemaak. Wanneer die niggies se rokke te klein geword het vir hulle, kon ek kies watter ek wou hê. Dan het ek dié klere uitmekaargehaal en vir my nuwe rokke gemaak. In st.6 het ek begin om self my skool- en sportklere te maak.”In 1971, ná die dood van Hilda se eerste man toe sy maar 25 was, het sy besluit om ’n driejaarkursus in patroonontwerp en professionele afwerking aan te pak. Dulette lag te lekker as ’n mens haar pols oor die wortels van háár naaldwerkvernuf. “Kyk, ek is al 73, maar laat ek nou maar vandag eerlik wees met julle: Ek was 42 jaar lank ’n verhoudingsbestuurder by FNB waar ek meestal met boere van Gouda tot Citrusdal en Porterville tot Aurora gewerk het... ek kon nie naaldwerk doen om my lewe te red nie! Nooit nie. Maar ná my aftrede kom drink ek toe eendag hier by Hilda tee en erken aan haar ek weet niks van naaldwerk nie. Toe sê sy: Agge nee man, kom dat ek jou leer! Só het ek toe oor drie maande by haar alles geleer wat ek vandag weet. Agt jaar terug het ek saam met haar hier ingeval.”Hilda: “Die eerste ding wat ek vir haar geleer het, is die naaimasjien. Jy moet weet wat hy alles kan doen.” “Ek kan nou darem al ’n broek en ’n top maak, maar ek hou glad nie daarvan om nuwe goed te maak nie,” keer Dulette dadelik. “Ek hou baie meer van al hierdie gemorswerkies, want dis elke keer anderster met ’n nuwe uitdaging of probleem wat jy moet oplos. En as ek nie seker is wat die beste gaan werk nie, kan ek vir Hilda vra. Sy is mos die pro én sy het ’n baie, baie goeie oog.”Ontmoet die twee vroue agter die naaldwerkmasjien op Moorreesburg wat lag al die pad bank toe in ons Winteruitgawe, nou beskikbaar in winkels en aanlyn: bit.ly/3ORFsrr#supportlocal #kleinbesigheid #moorreesburg #myplatteland #entrepeneurs #naaldwerk ... See MoreSee Less
View on Facebook

Weggee

Wen

Skryf aanlyn in om in aanmerking te kom vir weggee-items in die tydskrif.


Praat saam

Kontak ons

Ons hoor graag wat jy op die hart het. Stuur gerus vir ons e–pos na helloplatteland@gmail.com of klik hieronder en vul die vorm in.

KONTAK