Leef stadiger, leef lekkerder: Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense. In Engels beskikbaar as go! Platteland.

Teken nou in

Gedrukte uitgawe

Laat die tydskrif tuis aflewer.

 

Net R384 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • Betaal R96 per tydskrif
  • aflewering ingesluit by die prys

Teken nou in

Digitale uitgawe

Kry jou tydskrif op jou rekenaar, tablet of slimfoon

 

Net R384 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • jou tydskrif is altyd byderhand
  • geen posgeld en geen gesukkel nie

Aanhaling

Uit die tydskrif 

“Dis hoog tyd dat ons meer vertroue kry in wat Suid-Afrikaanse boere en produsente vermag. Ons klimaat, grond en mense lewer produkte waarop ons met reg trots kan wees.“

–  Johan en Peter, Platteland Lente 2026, bl. 4

Sosiale media

Facebook & Instagram

Gesels saam met ander Platteland-lesers en kyk na hulle foto’s op Instagram!

3 days ago

Platteland
“Ons het in 1979 hierdie grond van 700 ha gekoop, hoofsaaklik omdat ons van stap hou. Hier is oneindige spasie om te verken,” vertel Gerda Whitehorn op hulle stoep wat ook as ’n buitekombuis dien. Brian, haar man, het spek en eiers op die houtstoof gaargemaak en Shaka, die great dane, lê op die welige grasperk en dut, skryf Mia Louw. Van kosmaak kan ’n mens Brian niks vertel nie. Hoewel hy die grootste deel van sy lewe as landmeter gewerk het – dit is hoekom hý van stap hou – is dit voor die kospotte waar hy die meeste tuis voel. Hy en Gerda het in 1991 van Pretoria na Dullstroom verhuis waar hulle die eerste restaurant op die dorp oopgemaak het: die Tonteldoos Bistro. Dit was voor die dorp in ’n gewilde naweekbestemming verander het. (Vandag is daar byna 30 eetplekke op die dorp!)Brian en Gerda het in Pretoria ontmoet, kort nadat hulle albei se ander helfte in die laat jare tagtig oorlede is. Met gedeelde trauma en jong kinders het die twee halsoorkop verlief geraak en kort daarna getrou. Brian het ’n“fishing cottage” in Dullstroom gehad, 66 km van Paardeplaats af.“Toe Dullstroom net té besig begin raak, het ons in 2009 besluit om permanent Paardeplaats toe te verhuis,”sê Brian, effens iesegrimmig omdat die dorpie nou vol stadsjapies is. Gerda en haar eerste man, Johan Middelberg, het Paardeplaats saam met ’n familielid op ’n bankrotveiling gekoop. “Hier was niks nie, net die bouvalle en fondamente van ’n mynnedersetting wat uit die 1870’s dateer. Ons het stelselmatig oor naweke die huis en gastehuis op hierdie fondamente gebou,” onthou sy. Klip van die omgewing is as boumateriaal gebruik, en sonpanele en houtstowe sorg dat hulle onafhanklik van Eskom kan leef. Die afgegelope 25 jaar bestuur Gerda en Brian die gastehuis met sy vyf enorme ensuite-kamers. Brian het sy liefde vir Franse geregte uitgeleef en vir die gaste gekook, terwyl Gerda as eiendomsagent en vryskutjoernalis gewerk het.Lees verder hoe die Liversage’s in die prentjie gekom het en hoe hulle perde, saals en uithouritte na Paardeplaats gebring het in ons Lente-uitgawe nou beskikbaar in winkels en aanlyn: bit.ly/3ORFsrr#maakdieskuif #dullstroom #mpumalanga #countryliving #ranch #horsesafari #myplatteland ...
View on Facebook (opens in a new tab)

4 days ago

Platteland
Kan jy karring? Deesdae kry ons maklik ’n blok botter op die winkelrak. Maar om te kan karring, is een van daardie tradisionele vaardighede wat al hoe meer mense begin herontdek. Daar is iets besonders daaraan om jou eie tuisgemaakte, vars botter te maak.Oom Koos (oftewel Koos van Dyk) van die Groot Karoo Padstal in die Koo-vallei wys hoe hy sy eie botter – en sommer karringmelk vir karringbeskuit – maak. Dis maklik om jou eie sagte plaasbotter sonder enige bymiddels te maak. Jy kort dalk net ’n sterk arm en ’n bietjie geduld.Wat het jy nodig?• 3 liter Jersey-room (slagroom – laat vars volroommelk staan totdat die room na bo dryf en skep dit af) • ’n Oudtydse karring, wat jy dalk nog in ’n antiek- of pandjieswinkel kan raakloop • Koue water • 2 teelepels soutAs jy nie ’n karring of voedselverwerker het nie, kan jy selfs ’n groot fles gebruik waarin jy die room skud.Só maak jy dit:1. Begin die karring se slinger draai. In die ou dae het kinders dikwels beurte gemaak om die werk ’n bietjie makliker te maak.2. Hou aan skud of draai totdat die room in bottervet en karringmelk begin skei. Oom Koos het dit sowat 30 minute lank gedoen. Die room sal eers dik word en dan begin die geel botterklonte vorm terwyl die vloeibare karringmelk uitskei. Hoekom gebeur dit? In vars room is klein vetdruppeltjies in die vloeistof versprei. Wanneer die room geskud of gekarring word, bots die vetdruppeltjies teen mekaar en begin aan mekaar vasklou totdat hulle uiteindelik ’n massa vorm: botter.3. Jy behoort ongeveer twee blokke botter uit die 3 liter room te kry, afhangend van die room se vetinhoud.4. Gooi die inhoud van die karring deur ’n sif wat oor ’n bak geplaas is. Die karringmelk sal deurloop en die botter bly in die sif.5. Plaas die botter in ’n aparte bak en druk dit met ’n houtlepel bymekaar.6. Nou moet jy die botter **was**. Voeg ’n bietjie yskoue water by en werk die botter met die houtlepel deur. Druk die botter aanhoudend teen die kant van die bak sodat die oorblywende karringmelk uitgedruk word.7. Gooi die troebel water af en voeg weer vars, koue water by. Herhaal die proses totdat die water wat uit die botter kom, redelik helder is. Hoe beter jy die oorblywende karringmelk uit die botter verwyder, hoe langer sal die botter hou.8. Druk die laaste water goed uit en werk die sout deur die botter.9. Druk die botter in ’n vorm of hou dit eenvoudig in ’n houer in die yskas. Jy kan dit ook in bakpapier of waspapier vorm en toedraai.En die karringmelk?Moenie die karringmelk weggooi nie! Dit kan gebruik word om karringbeskuit, pannekoek, brood en ander gebak te maak. Hou dit in ’n skoon, toe houer in die yskas en gebruik dit binne ’n paar dae.Hoe lank hou die botter?Vars tuisgemaakte botter hou gewoonlik sowat een tot twee weke in die yskas, mits dit goed gewas is en in ’n skoon, lugdigte houer gebêre word. Jy kan dit ook vries as jy dit langer wil hou.#diy #oldways #butter #botter #somaakmens #makeyourown #myplatteland #slowfood ...
View on Facebook (opens in a new tab)

7 days ago

Platteland
So waar as vet! Dis nou ’n padvark wat darem mooi aan die regte kant van die (wit) lyn loop. Annelise Vorster Meyer Artist wat die foto geneem het, meen die varke wat so in Victoria-Wes wandel, is beslis groter as hulle s’n in Loxton.Talk about a road hog! At least this one knows how to stay on the right side of the (white) line. Annelise Vorster Meyer who took the photo, reckons the pigs wandering around Victoria West are definitely bigger than the ones in Loxton.#southafricanhumor #lagnslag #fridayfunny #roadhog #ruralanimals #animallovers #myplatteland #victoriawest ...
View on Facebook (opens in a new tab)

Weggee

Wen

Skryf aanlyn in om in aanmerking te kom vir weggee-items in die tydskrif.


Praat saam

Kontak ons

Ons hoor graag wat jy op die hart het. Stuur gerus vir ons e–pos na helloplatteland@gmail.com of klik hieronder en vul die vorm in.

KONTAK